Baskitaar

'n Moderne Fender-baskitaar.
'n Fretlose-baskitaar.

Die baskitaar of bas is 'n snaarinstrument wat in meeste moderne musiekvorme gebruik word. Dit is een van die hoofinstrumente in blues-, country-, flamenco-, popmusiek- en rockmusiek. Die stemming is E-A-D-G; soortgelyk aan die laagste vier snare van 'n kitaar, maar een oktaaf laer. Meeste baskitare word uitgevoer met frets, maar fretlose baskitare bestaan ook. 'n Persoon wat die bas speel kan 'n baskitarist, bassist, baskitaarspeler of basspeler genoem word.

Baskitare is meestal elektries, maar akoestiese baskitare word ook gemaak. Die klank van 'n akoestiese baskitaar klink meer soos die van 'n pizzikato-bespeelde kontrabas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search