Betsimisaraka

Betsimisaraka

Betsimisaraka-vroue
Totale bevolking: Meer as 1,5 miljoen (2011)
Belangrike bevolkings  in: Ooskus van Madagaskar
Taal: Malgassies, Noord-Betsimisaraka
Geloofsoortuiging:
Verwante etniese groepe: Tsimihety

Die Betsimisaraka ("die baie onskeibares ") is die grootste etniese groep in Madagaskar naas die Merina en maak sowat 15% van die algehele bevolking uit. Hulle bewoon ’n groot strook aan die ooskus van die eiland, van Mananjary in die suide tot Antalaha in die noorde. Die Betsimisaraka het ’n lang geskiedenis van uitgebreide kontak met Europese seevaarders en handelaars en dit het ’n aansienlike subgroep met gemengde Europees-Maleisiese oorsprong met die naam zana-malata tot gevolg gehad. Die Europese invloed is duidelik in die plaaslike musiekgenres valse (wals) en basesa, wat gewoonlik op die trekklavier gespeel word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search