Bier

Baltas-bier van die Litause Švyturys-brouery
Verskillende soorte bier
Jaarlikse bierverbruik per kapita in 2009

Bier is die wêreld se oudste alkoholiese drankie en die derde gewildste drankie na water en tee. Dit word geproduseer deur die brou en gisting van stysel, hoofsaaklik vanaf graangewasse. Die algemeenste graan wat gebruik word is gars, alhoewel koring, mielies en rys ook in baie gebiede gebruik word. Baie biere word met hops gegeur, wat die drankie sy bitter smaak gee en ook as 'n natuurlike preserveermiddel dien. Ander geurmiddels soos kruie en vrugte word ook soms bygevoeg. Alkoholiese drankies wat gedistilleer word na die gisting, of drankies afkomstig van die gisting van bronne anders as stysel (soos druiwe of heuning), word nie as bier geklassifiseer nie.

Bier het oor die algemeen 'n alkoholinhoud van 4% tot 6%, alhoewel biersoorte met 'n alkoholinhoud tussen 1% en 20% aangetref word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search