Boise

City of Boise

Kaart Wapen
Vlag
 Land Verenigde State
 Deelstaat Idaho
 Koördinate Koördinate: 43°36′N 116°12′W / 43.600°N 116.200°W / 43.600; -116.200
 Gestig op 1863
 Geïnkorporeer op 1864
 Oppervlakte:  
 - Totaal  165.2 vk km
 Hoogte bo seevlak 824 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Julie 2019)  228 959
 - Bevolkingsdigtheid  1.386//vk km
 - Metropolitaanse gebied  643 350
 Tydsone EST (UTC -7)
Somertyd: PDT (UTC -6)
 Klimaat  
 - Tipe
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur  °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie  °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae mm
 Burgemeester Lauren McLean (D)
 Amptelike Webwerf www.cityofboise.org

Boise [ˈbɔɪsi] is die hoofstad en grootste stedelike nedersetting van die Amerikaanse deelstaat van Idaho, geleë aan die Boise-rivier in Suidwes-Idaho se woestynstreek, met die Rotsgebergte se Boise Front-voetheuwels in die noorde.[1] Boise is ook die grootste stad tussen Salt Lake City, Utah en Portland, Oregon. Boise dien as die administratiewe sentrum van Ada County. Die stad is in 1863 gestig en het 'n bevolking wat in Julie 2019 op 228 959 beraam is (643 650 in die metropolitaanse gebied).

Boise op 'n koue winternamiddag

Boise was in die verlede 'n rustige stad langs die gelyknamige rivier, maar het intussen tot die derde grootste stedelike nedersetting in die Amerikaanse Noordweste na Seattle en Portland gegroei. Tussen 2010 en 2018 het Boise 'n bevolkingstoename van 18,2 persent getoon. In 2018 is dit deur Forbes selfs as die snelgroeiendste stad in die Verenigde State aangewys.[2] 'n Verskeidenheid gentrifikasie-projekte en nuwe wolkekrabbers het bygedra tot grootskaalse vernuwing in die kompakte middestad. Die Zions Bank-hoofkantoor, voltooi in 2014, is die hoogste gebou in Boise en Idaho.

Historiese distrikte het nogtans bewaar gebly en is, net soos die res van die sakekern, voetganger- en fietsvriendelik. 'n Netwerk van fietsrylane maak van fietse selfs een van die gewildste vervoermiddels. 'n Groen gordel, die Boise River Greenbelt, strek oor 'n afstand van 25 myl langs die Boise-rivier en is binne loopafstand van die middestad geleë.

Boise se ekonomie steun onder meer op 'n florerende hoëtegnologiebedryf, met Micron Technology, 'n vervaardiger van halfgeleiers en belangrike rolspeler op die wêreldmark as die vyfde grootste maatskappy in die bedryf, as ankeronderneming.[3]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Forbes.com: Full List: America's Fastest-Growing Cities 2018. Besoek op 7 Mei 2020
  3. Totallyboise.com: Micron. Besoek op 7 Mei 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search