Bonn

Federale Stad Bonn

Kaart Wapen
Vlag
 Land Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate 50° 43' N, 7° 06' O
 Stigting 12 v.C. Romeinse voorpos
 Stadstatus 1243
 Oppervlakte:  
 - Totaal 141,22 vk km
 Hoogte bo seevlak 45,6-194,8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2017) 323 122[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 288/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Katja Dörner (Grüne)
 Amptelike webwerf www.bonn.de
'n Oorsig oor die stad Bonn

Die Federale Stad Bonn lê in die suide van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfalen langs die oewers van die Ryn. Dit is een van die oudste stede van Duitsland, met 'n geskiedenis wat oor meer as 2 000 jaar strek. Tot die einde van die 18de eeu was Bonn die hoofstad van die Keulense Keurvorste. Tydens die 19de eeu ontwikkel die Universiteit van Bonn tot een van die voorste en grootste akademiese instellings in Duitsland, met sowat 30 000 studente op hede.

In die tydperk tussen 1949 en 1990 dien Bonn as die hoofstad van die Bondsrepubliek Duitsland[2] en daarna, tot by die jaar 1999, as regeringsetel van die herenigde Duitsland. Alhoewel die parlement en dele van die regering na die historiese hoofstad Berlyn verskuif is, is daar nog steeds ses departemente in die stad, wat die amptelike naam Federale Stad Bonn gekry het.

Die voormalige hoofkantore van parlement, regering en baie departemente is deur maatskappye oorgeneem. Twaalf organisasies van die Verenigde Nasies het hulle hoofkwartiere in die stad, en die nuwe VN-Kampus, wat in Julie 2006 geopen is, huisves nou die meeste van hulle.

  1. "Information und Technik Nordrhein-Westfalen: Einwohnerzahlen im Regierungsbezirk Köln. Besoek op 30 Maart 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2018. Besoek op 30 Maart 2018.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search