Bontkwagga

Bontkwagga
'n Bontkwagga in die Etoshawildtuin, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
E. quagga
Binomiale naam
Equus quagga
Boddaert, 1785
Subspesies

E. q. quagga
E. q. burchelli
E. q. boehmi
E. q. borensis
Chapman's Zebra
Crawshay's Zebra

      verspreiding
Sinonieme
Equus burchelli Linnaeus, 1761

Die bontkwagga (Equus quagga, vroeër Equus burchelli) is die algemeenste en wydsverspreide kwagga. Vroeër kon die bontkwagga van die suide van Ethiopië deur Oos-Afrika tot so ver suid as Angola en die ooste van Suid-Afrika aangetref word. Tans is die verspreiding egter meer beperk weens menslike aktiwiteite, maar dit is steeds volop in natuurreservate. Die dier staan ook bekend as die vlaktekwagga, bontsebra en Burchellse kwagga.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search