Boot

'n Boot met seile
'n Polisieboot in Venesië

'n Boot is enige tipe watervaartuig, gewoonlik groter as 'n skuit, maar heelwat kleiner as 'n skip wat meestal op die oop oseaan vaar. Ook sal kragbote, insluitend duikbote, na binne oorhel wanneer hulle 'n draai op die water maak, terwyl skepe na buite oorhel. Bote kan op riviere, damme, mere en aan die kus van die oseaan gebruik word. Dit word veral benut vir ontspanning, noodsaaklike vervoer (bv. op 'n lang rivier), as hengelplatform, of vir maritieme patrolliewerk.

Passasierskepe, vragskepe, tenkskepe, sleepbote, treilers, ligters, barkasse, motorbote en jolle hierdie en baie ander soorte vaartuie kan in groot getalle in die hawens van die wêreld gesien word. Sommige  is groot en ander is klein, sommige is mooi en vinnig en ander is onooglik en stadig. Maar elkeen is spesiaal ontwerp en gebou om die taak waarvoor dit bedoel is, so doeltreffend as moontlik uit te voer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search