Borr of Bor ("produseerder", "voortbringer")[1] is in die Noorse mitologie die seun van Buri, die voorvader van die gode bekend as die Ase. Borr was die man van Bestla en die vader van Odin, Vili en Vé.[2]
Borr word genoem in die Poëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisies, en die Prosaïese Edda, wat in die 13de eeu geskryf is. Min is egter oor sy lewe en sy rol in die mitologie bekend. In gedigte word soms na Odin verwys as "Borr se seun".
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search