Brand

Brand

'n Brand vind plaas wanneer 'n stof met suurstof reageer en in die proses vlamvat. Miljoene rande se skade word elke jaar wêreldwyd deur brande aangerig en die verlies aan mense- en dierelewens is baie hoog. Die doel van brandbestryding is om die brandproses stop te sit of deur afkoeling (byvoorbeeld met water) of deur te verhoed dat suurstof by die brandende stof uitkom (deur middel van chemikalieë). Alhoewel brandweerapparaat en -blussers deesdae uiters doeltreffend is, word daar nogtans baie aandag gegee aan brandvoorkoming, alarmstelsels en navorsing oor die oorsake en bestryding van brande. Die hoofoorsake van brande is nalatigheid en onverskilligheid.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search