Brandenburg

Hierdie bladsy handel oor die deelstaat Brandenburg, vir die stad in Brandenburg, sien Brandenburg an der Havel.
Land Brandenburg
Land Brannenborg
Kraj Bramborska
Landsvlag Landswapen
(Besonderhede (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits, Neder-Sorbies,[1] Nederduits[2]
Hoofstad: Potsdam
Stigting: 3 Oktober 1990
Oppervlakte: 29 654,4 vk km (5de)
Bevolking: 2 521 893 (10de) (31 Desember 2019)[3]
Bevolkingsdigtheid: 85 inwoners per vk km (15de)
BBP
 - Totaal
 - % Verandering teenoor vorige jaar
2018
73,122[4]  miljard €
3,3 % (2017)
Nie-amptelike volkslied: Märkische Heide
Skuldlas per inwoner: 6 433 € (2019)
Totale skuldlas: 16,189 miljard € (30 September 2019)[5]
Werkloosheidsyfer: 5,5 % (Desember 2019)[6]
ISO 3166-2: DE-BB
Amptelike webwerf: www.brandenburg.de
Politiek
Eerste Minister: Dietmar Woidke (SPD)
(sedert 28 Augustus 2013)
Regerende partye: SPD, CDU en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(88 setels)
(2014: 88 setels):
SPD 25 (2014: 30)
AfD 23 (11)
CDU 15 (21)
Die Linke 10 (17)
Bündnis 90/Die Grünen 10 (6)
BVB/FW 5 (3)
Laaste verkiesing: 1 September 2019
Volgende verkiesing: 2024
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4 (van 69)
Kaart

Brandenburg (Duits: [ˈbʁandn̩ˌbʊʁk] , Nederduits: Bramborg/Brannenborg, Neder-Sorbies: Bramborska) is 'n deelstaat in die noordooste van Duitsland. Die administratiewe hoofstad en grootste stad is Potsdam. Brandenburg grens in die ooste aan Pole, in die suide aan die deelstaat Sakse, in die weste aan die deelstaat Sakse-Anhalt, in die uiterste weste langs 'n klein deel van die Elbe se rivierloop aan die deelstaat Nedersakse en in die noorde aan Mecklenburg-Voorpommere. Die Duitse hoofstad Berlyn, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Brandenburg omring.

Brandenburg, land van bosse: Vir elke bewoner is daar 300 bome. Die foto wys 'n eikeboom
Brandenburg, land van mere: Stechlinmeer
Die Sternenpark Westhavelland, in Februarie 2014 gesertifiseer deur die International Dark Sky Association (IDA) en grotendeels in die distrik Havelland sowat 70 km wes van Berlyn geleë, word onder die donkerste streke in Duitsland gereken. Die park is vir sterrekykers net so ideaal en vry van ligbesoedeling soos afgeleë gebiede van Namibië. Byna die enigste lig is die natuurlike hemellig met 'n oppervlakhelderheid van 21,78 mag/arcsec²[7]

Brandenburg se wisselvallige geskiedenis word in historiese bronne gedokumenteer wat sowat tien eeue terugstrek. Die land se status en grense was voortdurend aan veranderinge onderworpe. So het Brandenburg aanvanklik as markgraafskap bestaan, om later 'n keurvorstedom, die kerngebied van Pruise en een van sy provinsies en uiteindelik 'n deelstaat van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) te word wat reeds vyf jaar ná sy stigting in 1947 weer ontbind en in drie administratiewe distrikte – Potsdam, Frankfurt (Oder) en Cottbus – omgeskep is. Met die hereniging van Wes- en Oos-Duitsland op 3 Oktober 1990 het Brandenburg sy vorige status herwin om een van die sestien deelstate van die Federale Republiek van Duitsland te word.

Brandenburg is ten opsigte van sy oppervlakte die grootste van vyf nuwe oostelike deelstate wat op die gebied van die voormalige DDR gevorm is. Sy infrastruktuur is veral op Berlyn gerig, wat soos 'n eiland in die hart van Brandenburg lê. So word na Brandenburg dikwels as 'n deelstaat sonder geografiese hartland verwys.[8]

Saam met Berlyn vorm Brandenburg die metropolitaanse gebied (Duits: Metropolregion) Berlyn-Brandenburg, en ook die welvarendste nedersettings van Brandenburg is in die omgewing van Berlyn geleë. Baie voormalige bewoners van die Duitse hoofstad het hulle hier in die landelike groen gordel gevestig.

Die periferie van Brandenburg word deur yl bevolkte gebiede gekenmerk, wat veral op die landbou steun, soos Prignitz, Fläming, Spreewald, Oderbruch of Uckermark. In die omgewing van die stad Cottbus in die suidooste lê uitgestrekte dagboumyngebiede, waar groot hoeveelhede bruinkool vir die termiese kragsentrales van die gebied ontgin word.

Op die oog af is Brandenburg met meer as 3 000 mere en sowat 33 000 kilometer se rivierlope een van die waterrykste deelstate van Duitsland. Maar ondanks hierdie groot hoeveelhede oppervlakwater is daar 'n tekort aan grondwater, en die gebied ontvang in vergelyking met ander deelstate 'n lae reënval. Brandenburg is bowendien 'n sanderige streek waar die grond sonder aangepaste landboumetodes meestal te arm is vir intensiewe boerdery.

  1. (de) Verfassung des Landes Brandenburg – Artikel 25 BbgVerf „Rechte der Sorben/Wenden, besoek op 11 Oktober 2016.
  2. (de) Elisabeth Berner: Vertreders ut de Länner Bundesraat för Nedderdüütsch, besoek op 11 Oktober 2016.
  3. (de) Statistik Berlin-Brandenburg: Auf einen Blick Geargiveer 11 September 2020 op Wayback Machine, besoek op 10 Julie 2020
  4. (de) Bruttoinlandsprodukt von Brandenburg von 1991 bis 2018, besoek op 15 Januarie 2020
  5. (de) statista.com: Schulden der Bundesländer in Deutschland am 30. September 2019, besoek op 15 Januarie 2020.
  6. (de) Bundesrepublik Deutschland Geargiveer 16 Maart 2019 op Wayback Machine In: statistik.arbeitsagentur.de. Statistik der Bundesagentur für Arbeit, besoek op 15 Januarie 2020.
  7. (de) Initiative gegen Lichtverschmutzung – Fachgruppe Dark Sky: Sternenparks in Deutschland und Europa. Besoek op 8 November 2019
  8. (de) Christiane Büchner en Jochen Franzke: Das Land Brandenburg. Kleine politische Landeskunde. 5de hersiene uitgawe. Potsdam: Brandenburgische Landeszentrale für politische Bildung 2009, bl. 34

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search