Brisbane

Brisbane
Stad
Vlag van Brisbane
Vlag
Wapen van Brisbane
Wapen
Ligging van Brisbane
Ligging van Brisbane
Die stad Brisbane
Die stad Brisbane
Koördinate: 27°28′04″S 153°01′40″O / 27.46778°S 153.02778°O / -27.46778; 153.02778Koördinate: 27°28′04″S 153°01′40″O / 27.46778°S 153.02778°O / -27.46778; 153.02778
LandVlag van Australië Australië
DeelstaatVlag van Queensland Queensland
Administratiewe verdeling6 Local Government Areas
Stigting1824
Regering
 • BurgemeesterCampbell Newman
Oppervlak
 • Stedelik
5 904,8 km2 (2 279,9 vk. myl)
Hoogte
0 m (0 ft)
Bevolking
 • Stad2 004 262
 • Stedelike digtheid918/km2 (2 380/vk. myl)
TydsoneAEST (UTC+10)
 • SomertydUTC+10
WebwerfBrisbane City Council

Brisbane (Engels: [ˈbɹɪzbən], ) is die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Queensland in die ooste van Australië.[1] Die metropool van Brisbane het 'n bevolking van ongeveer 2 miljoen mense.[2] Die sakekern van die stad staan vandag waar die oorspronklike nedersetting in 'n kronkel van die Brisbanerivier, sowat 23 kilometer vanaf die monding te Moretonbaai, gevestig was. Die metropoolse gebied strek in alle rigtings langs die vloedvlakte van die Brisbane-riviervallei tussen die baai en die Groot Skeidingsgebergte. Die stad word deur verskeie munisipaliteite bestuur maar is hoofsaaklik gesetel rondom die Brisbane Stadsraad wat jurisdiksie het oor die grootste gebied en bevolking in Brisbane en is ook Australië se grootste plaaslike regeringsowerheid ten opsigte van bevolking.

Brisbane is vernoem na die rivier waarlangs dit gebou is, wat op sy beurt vernoem is na Sir Thomas Brisbane, die Goewerneur van Nieu-Suid-Wallis tussen 1821 tot 1825. Die eerste Europese nedersetting in Queensland is in 1824 gestig en was 'n strafkolonie te Redcliffe, sowat 28 km noord van die Brisbane se huidige sakekern. Daardie nedersetting is kort daarna verlaat en geskuif na Brisbane se North Quay (Noordelike kaai) in 1825. Vrye setlaars is vanaf 1842 toegelaat om hulle daar te vestig. Brisbane is gekies as die hoofstad van Queensland toe dit in 1859 as 'n aparte Britse kolonie van Nieu-Suid-Wallis verklaar is.

Die stad het 'n kernrol gespeel tydens die Geallieerde magte se veldtog in die Tweede Wêreldoorlog en het gedien as die Suid-Westelike hoofkwartiere van Generaal Douglas MacArthur vir die Stille Oseaan-gebied. Brisbane was ook die gasheer vir verskeie groot kulturele en sportgeleenthede. Die stad is ook gelys as die 16de mees leefbare stad in die wêreld deur The Economist in 2009.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) Australiese Buro van Statistieke (23 April 2009). "3218.0 – Regional Population Growth, Australia, 2007-08". Besoek op 25 April 2009.[dooie skakel]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search