Broodpoeding

Austin Leslie se Kreoolse Broodpoeding is in die voormalige Pampy's Restaurant in New Orleans (Louisiana) met vanielje-whiskey-sous bedien

Broodpoeding is 'n gewilde nagereg in die kookkuns van Groot-Brittanje, die suidelike Verenigde State, België, Noord-Duitsland en Frankryk. In Frankryk word dit pouding au pain en in België bodding en broodpudding genoem. Broodpoeding word van ou snye brood, vet, eiers, suiker of stroop, speserye en droëvrugte gemaak. Die deurweekte snye brood word uitgedruk en met die ander bestanddele vermeng. Die mengsel word in 'n bak geplaas en in die oond gebak.

Broodpoeding word dikwels met 'n soet sous bedien, soos byvoorbeeld whiskey-, rum- of karamelsous, maar oorspronklik is dit net met suiker bestrooi, in stukkies gesny en koud voorgesit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search