Bulgar

Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging van Bulgar op 'n kaart (Rusland)
Bulgar
Bulgar
Ligging in Rusland
Koördinate: 54°58′44″N 49°03′23″O / 54.97889°N 49.05639°O / 54.97889; 49.05639Koördinate: 54°58′44″N 49°03′23″O / 54.97889°N 49.05639°O / 54.97889; 49.05639
Lande Vlag van Rusland Rusland
Tipe Kultureel
Kriteria ii, vi
Verwysings 981
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2014  (38ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Bulgar of Bolghar (Tataars: Болгар, Bolgar; Tsjoewasjies: Пӑлхар, Palchar) was van die 8ste tot die 15de eeu periodiek die hoofstad van Wolga-Bulgarye. Dit was geleë aan die oewers van die Wolgarivier, sowat 130 km van die moderne Kazan in wat nou die Spasski-distrik in die Russiese Republiek Tatarstan is. Wes daarvan is ’n klein moderne dorp wat sedert 1991 bekend is as Bolgar. Die terrein is sedert 2014 ’n Unesco-wêrelderfenisgebied onder die naam Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search