By

'n Vlieënde by

By
Tydperk: Laat-Kryt – Hede, 100–0 m. jaar gelede
'n Heuningby (Apis mellifera)
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Vliesvlerkiges
(geen rang): Unicalcarida
Suborde: Apocrita
Superfamilie: Apoidea
Klade: Anthophila
Families
Sinonieme

Apiformes (van die Latyn 'apis')

Bye (Anthophila) is insekte wat nou verwant is aan perdebye en miere, bekend vir hul rol in bestuiwing en, in die geval van die bekendste bysoorte, die heuningby (Apis mellifera), vir die vervaardiging van heuning. Bye is 'n monofiletiese geslag binne die superfamilie Apoidea. Hulle word tans as 'n klade beskou, met die naam Anthophila. Daar is meer as 16,000 bekende spesies van bye in sewe erkende families.[1][2] Sommige spesies – insluitend heuningbye, hommelbye (genus Bombus), en steeklose bye (tribus Meliponini) – leef sosiaal in kolonies terwyl meeste spesies (>90%) – insluitend malkopbye, timmermanbye (genus Xylocopa), blaarsnyerbye (genus Megachile), en groefbye – eensaam is.

Bye word op elke vasteland aangetref, behalwe Antarktika, en in elke habitat op die planeet wat insekbestuifde blomplante bevat.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Danforthetal2006
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Michener2000

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search