Bybelvertaling

Die Bybel is ʼn boek wat vir ʼn verskillende volke van groot betekenis is. Om die Bybel goed te kan begryp en om dit te kan bestudeer, is ʼn grondige kennis nodig van die tale waarin dit oorspronklik geskryf is. Daar is egter min mense wat die grondtale, Hebreeus en Grieks, kan lees en verstaan. In ʼn poging om die evangelie aan alle volke te verkondig, is die Bybel of gedeeltes van die Bybel in meer as 1 600 tale vertaal. In die algemene beskawingsgeskiedenis van die Westerse mens het die Bybel ʼn onvergelykbare invloed gehad.

Die hele Westerse samelewing – kultuur, kuns, letterkunde, taalgebruik, ens. – is deurspek met Bybelse gedagtes en voorstellings. Vir die Christene – en vir sover dit die Ou Testament betref, ook vir die Jode – is die eintlike betekenis van die Bybel egter geleë in die getuienis en verklaring van God se openbaringe aan die mensdom. Dit is die norm of reël van die geloof.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search