C-majeur

C-majeur (of die toonaard of toonsoort C) is 'n majeurtoonleer wat op C gebaseer is en bestaan uit die tone C, D, E, F G, A en B. C-majeur is die algemeenste toonsoort wat in musiek gebruik word. Die toonsoortteken daarvan het geen kruise of molle nie. Die relatiewe mineur is A-mineur, en die parallele mineur is C-mineur. C-majeur se dominant is G-majeur, en die subdominant is F-majeur.

Die C-majeurtoonleer is:

 {
\omit Score.TimeSignature \relative c' { \time 7/4 c4 d e f g a b c b a g f e d c2 } }

Op die klavier kan die C-majeurtoonleer gespeel word deur slegs die wit sleutels te speel wat op C begin.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search