Cambridge-5

Kim Philby, soos uitgebeeld op 'n Sowjetposseël.

Die Cambridge-spioenasie-ring was 'n groep spioene in die Verenigde Koninkryk wat tydens die Tweede Wêreldoorlog inligting aan die Sowjetunie verskaf het. Hulle was van die 1930's tot minstens in die vroeë 1950's aktief. Nie een van die bekende lede is ooit weens spioenasie vervolg nie. Die getal en ledetal van die groep het van die 1950's af mettertyd bekend geraak.[1]

Die algemene publiek het die eerste keer van hulle bestaan bewus geraak nadat Donald Maclean (kodenaam: Homer) en Guy Burgess (kodenaam: Hicks) in 1951 skielik na die Sowejetunie oorgeloop het. Harold "Kim" Philby (kodenaam: Sonny, Stanley) het dadelik onder verdenking gekom en het in 1963 eindelik uit die land gevlug. Nadat Philby gevlug het, het Britse intelligensie 'n skulderkenning verkry van Anthony Blunt (kodenaam: Tony, Johnson) en daarna John Cairncross (kodenaam: Liszt), wat beskou is as die laaste twee lede van die groep van vyf. Hulle betrokkenheid is jare lank geheim gehou: tot 1979 vir Blunt en 1990 vir Cairncross. Die bynaam Cambridge-4 het in die Cambridge-5 verander nadat Cairncross bygevoeg is.[1]

  1. 1,0 1,1 "BBC - History - Historic Figures: The Cambridge Spies". www.bbc.co.uk (in Engels (VK)). Besoek op 2 Maart 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search