Cannes-rolprentfees

Cannes-rolprentfees
Gestig  1946
Ligging  Cannes, Frankryk
Pryse  Palme d'Or, Grand Prix
Webtuiste festival-cannes.com

Die Cannes-rolprentfees (Frans: Festival de Cannes, tot in 2002 bekend as die Festival international du film) is ’n jaarlikse rolprentfees wat in Cannes, Frankryk, gehou word en rolprente van alle genres, insluitende dokumentêre, van oor die wêreld vertoon. Dit is in 1946 gestig. Dit word beskou as een van die invloedrykste rolprentfeeste in die wêreld en is een van dié wat die meeste publisiteit kry.[1][2][3] Die fees, waarvoor uitnodigings uitgestuur word, word gewoonlik in Mei by die Palais des Festivals et des Congrès gehou.

Die 2015-fees is van 13 tot 24 Mei 2015 gehou. Dheepan, ’n fliek wat deur Jacques Audiard van Frankryk geregisseer is, het die Palme d'Or (die hoogste prys) gewen.

  1. Dargis, Manohla. "Cannes International Film Festival". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2016.
  2. Lim, Dennis (15 Mei 2012). "They'll Always Have Cannes". New York Times.
  3. Woolsey, Matt. "In Pictures: Chic Cannes Hideaways". Forbes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search