Cardiff

Cardiff

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK) Vlag van Wallis Wallis
 Distrik City of Cardiff
 Graafskap County Suid-Glamorgan
 Koördinate 51°29′N 3°11′W / 51.483°N 3.183°W / 51.483; -3.183
 Stigting 1003
 Stadstatus 28 Oktober 1905
 Oppervlakte:  
 - Totaal 140,3 km²
 Hoogte bo seevlak 307 m
 Bevolking:  
 - Totaal (City of Cardiff in 2011) 346 100
 - Bevolkingsdigtheid 2 466,9/vk km
 - Urban Area 327 706
 - Metropolitaanse gebied 846 100
 Tydsone UTC ±0 (GMT)
 - Somertyd UTC +1 (BST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 14 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2 / 12 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1112 mm
 Voorsitter van stadsraad Matt Edwards
 Amptelike Webwerf Cardiff

Cardiff (Engels: [ˈkɑːrdɪf], ; Wallies: Caerdydd, [kairˈdiːð] of [kaˑɨrˈdɨːð], ) is die hoofstad en grootste stad van Wallis. Cardiff lê aan die Walliese suidkus aan die Kanaal van Bristol in die geskiedkundige graafskap Glamorgan en word in administratiewe opsig as 'n eenheidsstad bestuur.

Nog tot in die vroeë 19de eeu was Cardiff 'n taamlik klein nedersetting wat eers met die industrialisering van die gebied bekendheid verwerf het as 'n belangrike uitvoerhawe vir steenkool. Uiteindelik het dit tot die grootste Walliese stad gegroei en is vandag 'n belangrike kulturele, geskiedkundige en sportsentrum in die Verenigde Koninkryk en sy 14de grootste nedersetting. Cardiff het in 1905 stadstatus gekry en het in 1955 die hoofstad van Wallis geword.

Die stad spog met ’n kasteel, katedraal en universiteit, en die Millennium-stadion, waar belangrike rugbywedstryde gespeel word.[1]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search