Chewa

Vir die taal van die Chewa, sien Chichewa.
Chewa

’n Laat-20ste-eeuse masker van hout, verf, vere, metaal en wol van die Chewa-volk in Malawi (Britse Museum).
Totale bevolking: 12 262 000
Belangrike bevolkings  in: Malawi
Zambië
Zimbabwe
Mosambiek
Taal: Chichewa
Engels
Geloofsoortuiging: Christendom
Tradisionele Afrika-godsdienste
Verwante etniese groepe: Bantoevolke

Die Chewa is ’n Bantoevolk van Sentraal- en Suider-Afrika en die grootste etniese groep in Malawi. Hulle is naby verwant aan ander volke in die omringende streke, soos die Tumbuka en Nsenga. Hulle is ook histories verwant aan die Bemba, met wie hulle ’n oorsprong in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) deel.

Nes met die Nsenga en Tumbuka, het ’n aansienlike deel van die Chewa-gebied onder invloed gekom van die Ngoni-volk, wat uit die ou Suid-Afrikaanse provinsie Natal of Transvaal daarheen getrek het. ’n Alternatiewe naam vir die Chewa is die Nyanja. Hul taal word Chichewa/Chinyanja genoem. Die Chewa is internasionaal die bekendste vir hul maskers en hul geheime gemeenskap, die Nyau, sowel as hul landboutegnieke.

Die Chewa is nes die Nyanja, Tumbuka en Senga ’n oorblyfsel van die Koninkryk Maravi. Daar is twee groot Chewa-clans, die Phiri en die Banda,[1] en hulle bestaan uit sowat 1,5 miljoen mense.[2] Die Phiri word verbind met die konings en aristokrasie, en die Banda met helers en mistici.

  1. Phiri, Isabel Apawo (2007). Women, Presbyterianism and Patriarchy. Religious Experience of Chewa Women in Central Malawi. African Books Collective. pp. , 23–26.
  2. Gough, Amy. "The Chewa" (in Engels). The Peoples of The World Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019. Besoek op 18 Oktober 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search