Chrysler

FCA US LLC
Tipe Maatskappy met beperkte aanspreeklikheid
Gestig Chrysler Korporasie, 6 Junie 1925
Chrysler Group LLC, 10 Junie 2009
Hoofkantoor Auburn Hills, MichiganVerenigde State
SleutelpersoneSergio Marchionne (Voorsitter en hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorvervaardiger
ProdukteMotorvoertuie, kommersiële voertuie, motoronderdele
Inkomste$65,78 miljard (2012)
Bedryfsinkomste$1 942 miljard (2012)
Netto inkomste$1 668 miljard (2012)
Werknemers74 700 (2014)
MoedermaatskappyFiat Chrysler Automobiles
DivisiesChrysler, Dodge, Jeep, Ram, Mopar, SRT
Webwerffcausllc.com

Chrysler (uitgespreek /' kraɪslər /), amptelik FCA US LLC, is ’n groot Amerikaanse maatskappy wat motors van alle soorte en groottes maak. Dit kan ook verwys na ’n soort motor wat deur dié maatskappy vervaardig word.[1] Chrysler se hoofkwartier is in Auburn Hills, Michigan. Dit word deur die Italiaanse motorvervaardiger Fiat besit.[2]

Chrysler is een van die "Groot Drie" Amerikaanse motorvervaardigers. Dit verkoop voertuie wêreldwyd onder sy vlagskip-Chryslermerk, sowel as Dodge, Jeep en Ram. Ander groot afdelings sluit in Mopar, sy motoronderdele en toebehore afdeling, en SRT, sy verrigtingmotorafdeling. Sedert 2014 is FCA US LLC die sewende grootste motorvervaardiger in die wêreld.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Fiat completes Chrysler acquisition in $4.35 billion deal" (in Engels). Autonews.com. 21 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2019. Besoek op 1 April 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search