DStv

DStv
Tipe Publiek
Gestig 1995
Hoofkantoor Ferndale, RandburgSuid-Afrika
Gebied bedienAfrika suid van die Sahara (Afrika uitsluitende Noord-Afrika en Somalië)
IndustrieTelekommunikasie
ProdukteTelevisie
DiensteSatelliettelevisie, IPTV
EienaarMultiChoice
SlagspreukSo much more
Webwerfwww.dstv.com

DStv (Digitale Satelliet Televisie) is MultiChoice se multi-kanaal digitale satelliettelevisiediens wat in Afrika uitgesaai word sedert 1995. In Suid-Afrika en sy buurstate, saai dit uit op ku-Band, wat slegs 'n klein satellietskottel benodig, terwyl daar in die res van Afrika op C-Band uitgesaai word. Die dienste van DSTV word uitgesaai vanuit die steerable beams op die satelliete Eutelsat W4 en Eutelsat Sesat 1 op 36° oosterlengte in DVB-S met IRDETO-2-versyfering.

Intekenaars in Suid-Afrika ontvang ook die SAUK se drie landgebonde kanale, SABC1, 2 en 3. Hierdie kanale is nie beskikbaar vir intekenare oral nie, as gevolg van die handelsregte daarop, alhoewel hulle die SABC Africa-kanaal ontvang.

DStv het ook aparte boekette van kanale in Portugees, Duits, en in Indiese tale.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search