Delvillebos

Delvillebos, verwoesting 1916.
Monument in Kaapstad ter herdenking van die Eerste, die Tweede Wêreldoorlog en die Korea-oorlog met details oor Delvillebos.

Delvillebos (in Engels, Delville Wood, in Frans, Bois d'Elville) is 'n klein bos by die dorp Longueval in die Sommevallei in Frankryk. Die Suid-Afrikaanse Oorlogsgedenkteken en die Delvillebos-gedenkmuseum ter herinnering aan Suid-Afrikaners, wat aan twee wêreldoorloë, die oorlog in Korea en die Berlynse Lugbrug deelgeneem het, is in 1986 geopen. Die museum is 'n verkleinde weergawe van die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search