Detroit

Hierdie artikel handel oor die stad in Michigan, in die Verenigde State. Sien gerus Detroit (dubbelsinnig) vir ander artikels.

Detroit

Kaart Vlag
Wapen
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State van Amerika
 Staat Michigan
 Koördinate 42°19′53″N 83°02′45″W / 42.33139°N 83.04583°W / 42.33139; -83.04583
 Gestig in 1701
 Oppervlakte:  
 - Totaal 370,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 183 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 639 111
 - Bevolkingsdigtheid 1 778/vk km
 Tydsone UTC-5
 - Somertyd UTC-4
 Burgemeester Mike Duggan (D)
 Amptelike webwerf ci.detroit.mi.us

Detroit, wat ook die byname Motown of Motor City dra, is die grootste stad en hawe van Michigan, Verenigde State, aan die Detroitrivier, met 910 920 inwoners (2009). Dit is die sentrum van 'n metropolitaanse gebied met meer as 4,4 miljoen inwoners.

Die stad is 'n handel- en nywerheidsentrum (Ford-, General Motors-, Chrysler-motors, vliegtuie, farmaseutiese produkte, chemikalië, werktuig, staal, sintetiese diamante), en het 'n mark vir graanprodukte en 'n universiteit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search