Dhow

Van die eerste primitiewe bote wat gebruik is, was uitgeholde boomstompe (Engels: dugout). Die hol deel is verkry deur kerfwerk of vuur strategies op die boomstomp te gebruik.

'n Dhow (ook "dau" gespel) is 'n Arabiese boot wat hoofsaaklik van hout gemaak is en meestal met driehoekige latynseile toegerus is. Hoewel die Egiptenare, Mesopotamiërs, Grieke en Chinese van sowat 3500 v.C. af bote van papirusstingels en later hout gemaak het, was die dhow van sowat 1 n.C. af in ’n sekere mate ’n baanbreker vanweë die vaardige gebruik van die driehoekseil, een of twee maste in die meer gevorderde ontwerpe, roeispane en selfs ’n roer om dit te stuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search