Diatoom

Diatome
Marine-diatome
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
(geen rang):
Superfilum:
Filum:
Klas:
Bacillariophyceae

Diatome of kieselwiere (klas Bacillariophyceae) is eensellige wiere wat gewoonlik 'n geelbruin tot groengeel kleur het. Die wier se kieselagtige selwand bestaan uit twee helftes wat op mekaar pas soos 'n deksel op 'n pildosie. As die selinhoud van die diatoom doodgaan, sink die diatoomskelet na die meer- of seebodem. Deur die eeue heen het daar op hierdie manier 'n baie dik laag diatoomgrond op die seebodem gevorm. Tans word meer as 10 000 soorte diatome onderskei, wat nie net in die see en in varswater voorkom nie, maar ook in vogtige plekke op land.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search