Dorslandtrek

Die administrasie van Suidwes-Afrika het in 1974 'n 4c-seël, ontwerp deur Kobus Esterhuysen, uitgereik ter herdenking van die vertrek van die eerste Dorslandtrekgeselskap in 1874.

Waarskynlik kan min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis van soveel lyding en leed getuig as die Dorslandtrek (1874–1881). Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.[1]

Die woorde van ’n vrou wat die trek oorleef het, “als wij ooit weder naar Transvaal terug willen en het pad vergeten zijn, dan zullen wij het kunnen weervinden langs de graven onzer kleinen”, is tekenend van die verskriklike lyding tydens die Dorslandtrek.[2]

  1. L.G. Green, Lords of the last Frontier, p. 162. Die fassinerende geskiedenis van die trekkers se onbeskryflike lyding gedurende die Dorslandtrek word volledig in N. Stassen, Die Dorslandtrek, 1874–1881 verhaal.
  2. J.L. Cachet, “Een bezoek bij de Afrikaansche emigranten te St. Januario, Humpata”, II, Het Zuid Afrikaansch Tijdschrift, X, Sept. 1882, p. 81; D. Postma, De Trekboeren te St. Januario Humpata, p. 136; Anon., “De Trekboeren Gevonden”, De Zuid-Afrikaan en Volksvriend, 7 Jan. 1880; Anon., “De Trekboeren Gevonden”, De Maandbode, 7(11), 1 Febr. 1880, pp. 1–2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search