Drama

Talia en Malpomeme

Drama is die besondere modus van fiksie verteenwoordig in toneelspel.[1] Die term is afkomstig van die Griekse woord δρᾶμα, drama wat "aktiwiteit" beteken, en weer afgelei is van die werkwoord vir "om te doen" of "om op te tree" (Grieks: δράω, draō). Die opvoer van drama in die teater, uitgevoer deur akteurs op ’n verhoog voor ’n gehoor, voorveronderstel samewerkende metodes van produksie en ’n kollektiewe vorm van ontvangs.[2] Die vroeë moderne tragedie Hamlet (1601) deur Shakespeare en die klassieke Ateense tragedie Koning Oedipus (c. 429 v.C.) deur Sophokles val onder die meesterwerke van die dramakuns. [3] ’n Moderne voorbeeld is Long Day's Journey Into Night deur Eugene O'Neill (1956).[4]

Die twee maskers geassosieer met drama verteenwoordig die tradisionele genre-onderskeiding tussen komedie en tragedie. Dit is simbole vir die Ou Griekse muses, Talia en Melpomene. Talia was die muse van komedie (laggende gesig), terwyl Melpomene die muse van tragedie was (huilende gesig). Drama is algemeen as ’n poësie-genre beskou en het gestaan teenoor die Epiek en Liriek sedert Aristoteles se Poëtika (circa 335 v.C.)—die vroegste werk oor dramateorie.[5]

Die gebruik van "drama" in die beperkte sin om ’n spesifieke soort toneelstuk aan te dui, dateer uit die 19de eeu. Drama in hierdie sin verwys na ’n toneelstuk wat nie ’n komedie of tragedie is nie — byvoorbeeld, Zola se Thérèse Raquin (1873) of Tsjechof se Ivanov (1887). Dit is hierdie beperkte sin wat die rolprent- en televisiebedryf asook rolprentstudies aangeneem het om "drama" te beskryf as ’n genre binne hulle onderskeie rigtings.[6] "Radiodrama" is in beide sinne gebruik — oorspronklik uitgesaai as lewendige optrede, en ook al gebruik om die ernstiger kant van dramatiese uitsette van radio te beskryf.[7]

Drama word dikwels met musiek en dans gekombineer: die drama in opera word algemeen enduit gesing; musiekspele sluit gewoonlik beide gesproke dialoog en liedere in; en sekere vorme van drama het bykomende musiek of musikale begeleiding wat die dialoog ondersteun (byvoorbeeld melodrama en Japannese No-spel).[8] Gedurende sekere periodes in die geskiedenis (Ou Roomse en moderne romantiek) is sekere dramas geskryf om gelees eerder as om opgevoer te word.[9] Met improvisasie bestaan die drama nie vooraf nie en kunstenaars maak spontaan ’n dramateks op tydens uitvoering voor die gehoor.[10]

  1. Elam 1980, p. 98.
  2. Pfister 1977, p. 11.
  3. Fergusson 1949, p. 2–3.
  4. Burt, Daniel S (2008), The Drama 100: A Ranking of the Greatest Plays of All Time, Facts on File, ISBN 978-0-8160-6073-3 
  5. Francis Fergusson skryf dat "a drama, as distinguished from a lyric, is not primarily a composition in the verbal medium; the words result, as one might put it, from the underlying structure of incident and character. As Aristotle remarks, 'the poet, or "maker" should be the maker of plots rather than of verses; since he is a poet because he imiates, and what he imitates are actions'" (Fergusson 1949, p. 8).
  6. Sien ook Wikipedia se Lys van drama-films.
  7. Banham 1998, p. 894–900.
  8. Sien inskrywings vir "opera", "musical theatre, American", "melodrama" en "Nō" in (Banham 1998).
  9. Manfred deur Byron is ’n goeie voorbeeld van ’n "dramagedig." Sien die inskrywings oor "Seneca" en "Byron (George)" in (Banham 1998).
  10. Sekere vorme van improvisasie, vernaam die Commedia dell'arte, improviseer volgens die basis van 'lazzi' of vae algemene trekke van dramatiese aksie (Gordon 1983) en (Duchartre 1929). Alle improvisasievorme volg uit voorbeelde van oombliklike reaksie op mekaar, hul karakters se situasie (wat soms vooraf vasgestel word), en dikwels die interaksie met die gehoor. Die klassieke formulerings van improvisasie in teater het ontstaan met Joan Littlewood en Keith Johnstone in die VK en Viola Spolin in die VSA; sien (Johnstone 1981) en (Spolin 1967).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search