Drietoonstrandloper

Drietoonstrandloper
Drietoonstrandloper in Thailand.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. alba
Binomiale naam
Calidris alba
Pallas, 1764
Broeigebied

Die drietoonstrandloper (Calidris alba), in Afrikaans so benoem na aanleiding van sy drietoonpote, is 'n klein waadvoël en langafstandtrekvoël wat in die Noordelike winter suid na Suid-Amerika, Suid-Europa, Afrika en Australië vlieg, In Engels staan die voël as die Sanderling bekend afkomstig van die Ou Engelse sand-yrðling, wat "sandploegman" beteken.[2] Die genusnaam is van die Antieke Grieks kalidris of skalidris, 'n term wat deur Aristoteles gebruik is vir gryskleurige watervoëls. Die spesifieke, alba, is Latyns vir "wit".[3]

Dié sirkumpolêre Arktiese broeivoël is 'n algemene somerbesoeker; veral aan die sandstrande van Suid-Afrika. Die streekbevolking is 85 000 voëls. Drietoonstrandlopers is sosiale diere in die winter en vorm soms groot swerms op kusmoddervlaktes of sandstrande.

In die lente eet die voëls wat noordwaarts van Suid-Amerika migreer, groot getalle hoefysterkrap-eiers in die Delawarebaai-omgewing. Hulle keer dan terug na hulle Hoë Arktiese broeiplekke, waar hulle 3 tot 4 eiers in 'n grondskraap lê. Op die broeigrond vreet hierdie voëls hoofsaaklik insekte en sommige plantmateriaal.

Die drietoonstrandloper is in 1764 deur die Duitse natuurkundige Peter Simon Pallas beskryf en is die binomiale naam Trynga alba gegee.[4][5][6]

Die voël is een van die spesies waarop die Ooreenkoms oor die Bewaring van Afrika-Eurasiese Migrerende Watervoëls (AEWA) van toepassing is.

  1. BirdLife International (2012). "Calidris alba". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Sanderling. Oxford English Dictionary (Online ed.). Oxford University Press.
  3. Jobling, James A (2010). The Helm Dictionary of Scientific Bird Names. London: Christopher Helm. pp. 40, 84. ISBN 978-1-4081-2501-4.
  4. Peters, James Lee (1934). Check-list of Birds of the World. Volume 2. Vol. 2. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press. p. 281 (Crocethia alba).
  5. Sherborn, C. Davies (1905). "The new species of birds in Vroeg's catalogue, 1764". Smithsonian Miscellaneous Collections. 47: 332–341 [341 No. 320]. Includes a transcript of the 1764 text.
  6. Rookmaaker, L.C.; Pieters, F.F.J.M. (2000). "Birds in the sales catalogue of Adriaan Vroeg (1764) described by Pallas and Vosmaer". Contributions to Zoology. 69 (4): 271–277. doi:10.1163/18759866-06904005.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search