Drinkwatervoorsiening

Drinkwatervoorsiening behels 'n groot aantal prosesse, handelings en infrastruktuur wat nodig is om drink- en huishoudelike water op so 'n wyse te voorsien dat die verbruiker uiteindelik net 'n kraan in die huis kan oopdraai en dadelik drinkwater tot sy beskikking het.

Die ontginning van grond- of oppervlakwater behels meer as net die installasie van 'n pomp, omdat veral oppervlakwater nie sonder meer geskik is as drinkwater nie. Omdat water aan higiëniese vereistes moet voldoen, is verskeie suiweringsprosesse nodig. In Suid-Afrika, soos in talle ander lande ter wêreld, is die natuurlike varswaterbronne boonop beperk en bestaan die gevaar van oorontginning. Naas doeltreffender gebruik van die bestaande bronne, moet ernstige aandag gegee word aan die skepping van nuwe bronne, die hergebruik van water en die beperking van verliese deur verdamping.

In bv. Windhoek word rioolwater reeds vir drinkwatergebruik gesuiwer, en die ontsouting van see- en brakwater word op verskeie plekke aangewend.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search