Duikboot

Die duikboot USS Chicago (SSN 721) onderwater langs die kus van Maleisië
Franse duikboot uit die Eerste Wêreldoorlog
Die USS Cavalla
Motorkamer van die duikboot HMAS Onslow (1969) (Koninklike Australiese Vloot)

'n Duikboot (vroeër ook onderseeboot en onderseër) is 'n watervoertuig wat spesifiek ontwerp is om onderwater te vaar. Duikbote word gebruik om onderwaternavorsing te doen en om dieper onder die water te werk as wat mense kan duik. Sulke gebruike sluit eksplorasie in en die terugbring van voorwerpe wat gesink het. Die meeste groot vlote gebruik duikbote vir militêre doeleindes.

Die Engelsman, William Bourne het in 1580 die eerste beskrywing van 'n duikboot gepubliseer. Die eerste werkende duikboot is in 1623 ontwerp vir koning Jakobus I van Engeland deur die Hollander Cornelius Drebbel. Volgens berigte was die duikboot 'n omgekeerde roeiboot met twaalf roeiers wat langs die Teemsrivier af gevaar het. Daar is egter geen aanvaarde verduidelikings van hoe die boot werklik gewerk het nie.

Die eerste duikbote is gebruik om navorsing te doen onder die water. Daar is egter gou gesien dat duikbote geweldige voordele inhou op militêre gebied. Die eerste militêre duikboot is die Skilpad ("Turtle") genoem. Die Turtle het plek gehad vir een persoon en moes met die hand bestuur word. Die geskiedenis van duikbote is deurspek met verhale van duikbote wat gesink of verdwyn het.

Sommige moderne duikbote is kernaangedrewe, kan baie diep duik en kan maande lank onder die water bly.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search