Eetsteuring

Eetsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 F50
ICD-9 307.5
MeSH D001068
Mediese waarskuwing

’n Eetsteuring is ’n geestesteuring wat lei tot ’n afwyking van die normale eetgedrag wat pas by ’n sekere ouderdom, geslag of ander kriterium. Dit kan in uiting kom in die hoeveelheid voedsel wat iemand inneem (te veel of te min), die opbring van kos om beheer oor ’n persoon se gewig uit te oefen, die weiering van kos ens.

In die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings word drie eetsteurings beskryf:

  • Anoreksie (anorexia nervosa): Iemand probeer enigiets om so min as moontlik te eet.
  • Bulimie (boulimia nervosa): Iemand eet in die geheim te veel en gebruik braking of lakseermiddels om van die kos ontslae te raak.
  • Ooreetsteuring (binge eating disorder): Iemand eet te veel, maar raak nie van die kos ontslae nie.

Nog ’n steuring wat nie vermeld word nie, maar ondersoek word, is orthorexia nervosa: ’n obsessie met die gesondheidswaarde van kos.

Hoewel eens geglo is dit is ’n toestand onder vroue (van wie sowat 5–10 miljoen net in Brittanje geraak word), kom dit ook by mans voor. Sowat 10-15% van mense met ’n eetsteuring is mans (sowat 1 miljoen mans in Brittanje).[1][2][3]

  1. Lucas, AR; Beard, CM; O'Fallon, WM; Kurland, LT (1991). "50-year trends in the incidence of anorexia nervosa in Rochester, Minn.: a population-based study". The American Journal of Psychiatry. 148 (7): 917–22. PMID 2053633.
  2. Carlat, DJ; Camargo Jr, CA (1991). "Review of bulimia nervosa in males". The American Journal of Psychiatry. 148 (7): 831–43. PMID 2053621.
  3. Patrick, L (2002). "Eating disorders: a review of the literature with emphasis on medical complications and clinical nutrition". Alternative medicine review : a journal of clinical therapeutic. 7 (3): 184–202. PMID 12126461.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search