Eid-oel-Fiter

'n Gesin in Tadjikistan vier Eid-oel-Fiter
Tradisionele Bayram-groet van die Metropolitaanse Munisipaliteit van Istanboel wat soos volg lui: "Laat ons liefhê, laat ons geliefd wees", in die vorm van mahya-ligte tussen die minarette van die Sultan Ahmet-moskee in Istanboel
Baie Moslems bring dikwels gebedsmatjies op Eid-oel-Fiter na die moskee
Moslems in Durban vier Eid-oel-Fiter

Eid-oel-Fiter of Eid-ul-Fiter (Arabies: عيد الفطر, ʻĪd al-Fiṭr, [ʕiːd al fitˤr]), ook die Suikerfees genoem, is saam met Eid-oel-Adha een van die twee heiligste jaarlikse Islamitiese feeste. Op hierdie vakansiedag word die einde gevier van die maand Ramadan, die 29 tot 30 dae waartydens van sonsopkoms tot sonsondergang gevas word. Dit val dus op die eerste dag van die maand Sjawwal. Die naam beteken "vakansiedag ter geleentheid van die breek (van die vas)". Die datum van enige maand volgens die Islamitiese kalender verskil van plek tot plek na gelang van wanneer plaaslike godsdiensleiers die sekelmaan sien. In die Gregoriaanse kalender, ’n sonkalender, verskil die datum van jaar tot jaar – dit is elke jaar 10 tot 11 dae vroeër.

"Eid" beteken in Arabies "dag wat dikwels terugkom". Die woord is afgelei van aoed (terugkeer). Fiter (begin) en iftar staan in verhouding met die breek van die vas.

Eid-oel-Fiter het ’n spesifieke salaah (Islamitiese gebed) wat uit twee rakats (eenhede) bestaan en gewoonlik in ’n oop veld of groot saal plaasvind. Die toespraak (chutba) van die Imam word na die gebed gehou; in teenstelling met die Vrydaggebed, waar dit voor die gebed gehou word.

Moslems glo hulle word deur God beveel, soos in die Koran genoem, om hul vas tot op die laaste dag van Ramadan vol te hou[1] en die Zakaat-oel-Fitr (aalmoese aan die armes, gewoonlik in die vorm van kos) te gee voor die Eidgebed.[2][3]

  1. Koran 2,185
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named geskenke
  3. (en) "Articles and FAQs about Islam, Muslims". Islamicfinder.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2006. Besoek op 11 Augustus 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search