Eiland

Ysland is die grootste vulkaaneiland en die noordelikste eilandstaat ter wêreld.

'n Eiland is enige stuk land, kleiner as 'n kontinent, maar groter as 'n rots wat heeltemal deur water omring word. Alhoewel meeste eilande natuurlike eilande is, kry mens ook mensgemaakte eilande. Die grootste eiland ter wêreld is Groenland.

Sommige eilande het hulle eie lande. Voorbeelde hiervan is Kuba, Ysland en Madagaskar. Ander eilande het meer as een land daarop, soos Borneo en Hispaniola. Daar is ook verskeie onbewoonde en onherbergsame eilande.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search