Ekodorp

'n Woning binne 'n ekodorp

'n Ekodorp is ’n nedersetting waar ’n gemeenskap daarna streef om maatskaplik, ekonomies en ekologies volhoubaar te leef. Party gemeenskappe poog om die bevolking tussen 50 en 150 inwoners te hou, omrede sosiologiese en antropologiese bevindinge hierdie grootte as die maksimum sosiale netwerk beskou.[1] Groter ekodorpe kan tot 2 000 inwoners huisves, hoewel ’n netwerk van subgemeenskappe gevorm word, om ’n ekodorpmodel te skep waar al hierdie groepe saam binne ’n breër grondslag mekaar ondersteun.

Sekere ekodorpe het uitgebrei deur mense, nie noodwendig uit die lede van die gemeenskap self nie, wat op die randgebiede van die ekodorp gaan bly het en ook hul kant in die ekodorpgemeenskap bring (soos te sien by Findhorn).

Ekodorpenaars word deur hul gesamentlike ekologiese, sosio-ekonomiese en kultureel-spirituele waardes, norme en oortuigings verenig.[2] ’n Ekodorp bestaan dikwels uit mense wat ’n alternatiewe lewenswyse bo dié van gesentraliseerde elektrisiteit-, water- en rioolstelsels verkies. Baie van hierdie inwoners sien die afskaffing van tradisionele gemeenskappe, die verspilsugtige verbruikerleefwyses , die vernietiging van natuurlike habitatte, stedelike uitbreiding, fabrieksverbouing en dat daar te veel op fossielbrandstowwe verlaat word, as tendense wat afgeweer moet word om ekologiese rampe te voorkom. Hulle stel kleinskaal-gemeenskappe wat ’n weinige invloed op die natuur uitoefen as die oplossing voor. Sulke gemeenskappe kan dikwels ook met soortgelyke dorpe as ’n netwerk mee saamwerk (soos die Wêreldwye Ekodorpnetwerk). Hierdie model van gesamentlike optrede stem met die Tienduisend Dorpies se doen en late ooreen, wat die handeldryf van goedere van regoor die wêreld ondersteun.

  1. Hill, R. and Dunbar, R. (2002). "Social Network Size in Humans." Human Nature 14(1): 53-72. Besoek: 2008-04-09.
  2. Van Schyndel Kasper, D. (2008). "Redefining Community in the Ecovillage." Human Ecology Review 15:12-24. Besoek: 2009-08-27.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search