Elam

Elam

(Susiana)
Nedersetting
Koördinate: 29°54′N 52°24′O / 29.9°N 52.4°O / 29.9; 52.4
Datum3200-539 v.C.

Elam was ’n antieke beskawing wat gesentreer was in die verre weste en suidweste van wat nou Iran is; dit het gestrek van die laelande van die moderne Khuzestan en Ilam, en het ook ’n klein deel van Suid-Irak beslaan. Die moderne naam "Elam" kom van die Sumeriese transliterasie elam(a), die latere Akkadiese elamtu en die Elamitiese haltamti. Elamitiese state was van die leidende politieke magte van die antieke Nabye Ooste.[1] In die klassieke letterkunde was Elam ook bekend as Susiana, wat afgelei is van die hoofstad, Susa.[2]

  1. Elam: surveys of political history and archaeology, Elizabeth Carter en Matthew W. Stolper, University of California Press, 1984, p. 3
  2. Encyclopaedia Judaica, Volume 6. p. 283. ISBN 978-0028659343.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search