Elektroforese

Elektroforesetoestel

Elektroforese is 'n skeidingsmetode wat gebaseer is op die differensiële tempo van migrasie deur 'n bufferoplossing van gelaaide spesies wat plaasvind wanneer 'n elektriese veld oor die oplossing toegepas word.

Die metode is op 'n verskeidenheid gelaaide spesies toegepas, soos anorganiese ione, aminosure, vitamiene, koolhidrate, peptiede, proteïene en veral gelaaide makromolekules, insluitend DNA en RNA. Vir laasgenoemde bied die metode 'n ongeëwenaarde oplossende vermoë.[1]

  1. Douglas A. Skoog; F. James Holler; Timothy A. Nieman (1998). 30 Capillary Electrophoresis and Capillary Electrochromatography; in: Principles of Instrumental Analysis. Brooks/Cole. pp. 778–795. ISBN 0030020786.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search