Emmy

  Emmy Award 

Amerikaanse aktrise Dana Delany met haar Emmy in 1992.
Amerikaanse aktrise Dana Delany met haar Emmy in 1992.
Toegeken vir Uitmuntendheid in die televisiebedryf
Borg ATAS / NATAS / IATAS
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Eerste toekenning 25 Januarie 1949 (1949-01-25)
Webtuiste ATAS se amptelike Emmy-webwerf
NATAS se amptelike Emmy-webwerf
IATAS se amptelike Emmy-webwerf
Die TV-vervaardiger en -skrywer Bradley Bell in 2010 met sy Emmys vir The Bold and the Beautiful.

’n Emmy is ’n Amerikaanse prys wat toegeken word vir uitnemendheid in die televisiebedryf en is soortgelyk aan Oscars (rolprentbedryf), Tonys (teater) en Grammys (musiek).

Omdat Emmys toegeken word aan mense in verskillende sektore van die televisiebedryf, word verskeie toekenningsaande elke jaar gehou. Die twee seremonies wat die meeste internasionale aandag trek, is die toekenning van die Primetime en die Daytime Emmys. Ander gewilde seremonies is vir sportprogramme, nuus en dokumentêre, sake- en finansiële nuus, en tegnologieprestasies in televisie. Streekseremonies word op verskillende tye deur Amerika aangebied vir uitnemendheid in streekstelevisie. Daar is ook internasionale Emmys wat toegeken word vir programme wat aanvanklik buite Amerika uitgesaai is.

Drie aparte maar verwante organisasies bied die Emmys aan: die Academy of Television Arts & Sciences (ATAS), die National Academy of Television Arts and Sciences (NATAS) en die International Academy of Television Arts and Sciences (IATAS).[1] Elk is verantwoordelik vir ’n spesifieke stel Emmy-seremonies.[2]

  1. "Awards" (in Engels). Academy of Television Arts & Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2008. Besoek op 21 Junie 2008.
  2. "A History of Emmy - The 1940s" (in Engels). Academy of Television Arts & Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 24 Januarie 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search