Taalgebruik moet nagegaan word: Die teks moet vir spelling, sinsbou en woordkeuse nagegaan word. Indien dit nie binne twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer. |
Energie-ontwikkeling | |||
Amerikaanse energiegebruik/vloei in 2011 Energie vloei-diagramme toon die relatiewe grootte van primêre energiehulpbronne aan asook die eindgebruike daarvan in die VSA; brandstowwe is op 'n gemene energie-eenheidsbasis vergelyk. (2011: 97.3 quads).[1]
|
Energie-ontwikkeling[2][3][4] is die pogings wat daarop fokus om voldoende primêre energiebronne [5] en sekondêre energievorms beskikbaar te stel om aan die behoeftes van die samelewing te voldoen.[6][7][8][9][10] Dit sluit die pogings in wat voorsien in die produksie van konvensionele, alternatiewe en hernubare bronne van energie, asook die herwinning en hergebruik van energie wat andersins verlore sou gaan. Energiebewaring en effektiwiteitsmaatreëls verminder die impak van energie-ontwikkeling en hou voordele in vir die samelewing met verandering in ekonomiese koste asook verandering in omgewingsake.[note 1]
Kontemporêre industriële samelewings gebruik primêre en sekondêre energiebronne vir vervoer en die produksie van vele vervaardigde produkte. Groot industriele populasies beskik oor verskeie ontwikkelings– en afleweringsdienste vir verspreiding en benutting van energie deur die eindgebruiker. Hierdie energie word gebruik deur mense wat dit kan bekostig om in verskeie klimaatstoestande te leef deur die benutting van verwarming, ventilasie en/of lugverkoeling. Die mate waartoe eksterne energiebronne gebruik word, verskil tussen gemeenskappe afhanklik van die vlakke van verkeersopeenhoping en bronne van besoedeling, [11] en beskikbaarheid van huishoudelike energie bronne.
Die konvensionele energie-industrie bestaan uit die petroleumindustrie [note 2][note 3] elektrisiteitsindustrie [note 4] die steenkoolindustrie en die kernkragindustrie. Nuwe energie-industrieë sluit in die hernubare energie-industrie. Dit behels die alternatiewe en volhoubare vervaardiging, verspreiding en verkoop van alternatiewe brandstowwe. Tesame met die ontwikkeling van nuwe koolwaterstofbronne [12] asook diep water / horisontale boorwerk, is daar toegewyde pogings om bronne van alternatiewe en hernubare energie te ontwikkel om sodoende 'n vermindering in klimaatsverandering te bewerkstellig.
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "note", but no corresponding <references group="note"/>
tag was found
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search