Etswerk

Die Soldaat en sy Vrou (Duits: Der Soldat mit seiner Frau). Ets deur Daniel Hopfer, wat glo hierdie tegniek eerste begin toepas het in die drukkuns.
Die prekende Christus (Nederlands: De predikende Christus), ook genoem Die Honderdguldenprent of Christus genees die Siekes, 'n ets deur Rembrandt (ca. 1648). Rembrandt is allerweë beskou as die grootste etser in die geskiedenis van die medium (as 'n kuns uit eie reg).[1][2][3][4] Sy belangrikste bydrae in die geskiedenis van grafiese drukkuns was sy transformasie van die 17de-eeuse etsproses[5][6][7] van betreklik nuwe handwerk tot 'n werklik bewonderenswaardige kunsvorm in die daaropvolgende eeue,[8][9] veral in die 19de eeu.[10][11][12][13]

Etswerk is tradisioneel die proses om deur chemiese wegvreting 'n ontwerp in ’n metaalplaat aan te bring. 'n Sterk suur word gebruik om deur die onbeskermde dele van die metaal te vreet (in die metaal in te byt, word gesê), terwyl die beskermde dele onveranderd gelaat word. Die resultaat is ’n geëtste plaat met 'n ontwerp waarvan baie papierafdrukke met 'n drukpers gemaak kan word.

In moderne vervaardigingsprosesse word ander chemikalieë ook op ander soorte materiaal aangewend. As 'n metode van die drukkuns, saam met gravure, is dit die belangrikste tegniek waarmee afdrukke van die etswerke van die ou meesters gemaak kon word, en dit word vandag steeds wyd gebruik.

Die verskil tussen etse en gravures is dat die eersgenoemde chemiese wegvreting behels, terwyl gravures slegs deur fisieke werking geskep word. Gravering is 'n tegniek waar die kunstenaar self met sy gereedskap in 'n metaalplaat insny om sy ontwerp daarin aan te bring.

In die tradisionele suiwer ets word 'n metaalplaat (gewoonlik koper, sink of staal) bedek met 'n wasagtige stof wat bestand is teen suur.[14] Die kunstenaar skraap dan van die stof af met 'n skerp etsnaald,[15] om die kaal metaal te ontbloot waar hy of sy 'n lyn in die finale werk wil laat verskyn. Die échoppe ('n instrument soos 'n etsnaald met 'n geboë punt) word ook gebruik vir "bultende" lyne,[16] en die plaat word dan in suur gedoop.[17] Die suur "byt" in die metaal (dit reageer daarmee in 'n redoksreaksie) tot 'n diepte afhangende van die indoop-tyd en die suur se krag, en laat die tekening op die plaat agter. Die res van die wasagtige stof word dan van die plaat verwyder. Die plaat word vervolgens met ink bedek en weer afgevee; die oorblywende ink lê dan in die groewe van die ets.

Hierna word die plaat in 'n hoëdruk-drukpers geplaas, saam met 'n vel papier (dikwels klam gemaak om dit te versag).[18] Die papier tel die ink van die geëtste lyne op, wat dan op die drukwerk verskyn. Die proses kan baie kere herhaal word; 'n paar honderd afskrifte kan gedruk word voordat die plaat te veel slytasie begin toon. Dele van die werk op die plaat kan dan, waar nodig, herstel word of bykomende etswerk kan aangebring word. So 'n etsplaat kan herhaalde wysigings deurleef, wat meebring dat verskeie veranderde weergawes van die etsafdrukke – van 'n werk in verskillende stadiums – vir die nageslag nagelaat word.

Etswerk is dikwels gekombineer met ander intaglio-tegnieke soos gravure (bv. by Rembrandt) of die aqua (bv. by Francisco Goya).

  1. Stampfle, Felice; et al. (eds.): Rembrandt: Experimental Etcher [exh. cat.]. (Boston: Museum of Fine Arts; New York: The Pierpont Morgan Library, 1969)
  2. McQueen, Alison: The Rise of the Cult of Rembrandt: Reinventing an Old Master in Nineteenth-Century France. (Amsterdam: Amsterdam University Press, 2003)
  3. Ackley, Clifford S.; Baer, Ronni; Rassieur, Thomas E.: Rembrandt's Journey: Painter, Draftsman, Etcher. (Boston: Museum of Fine Arts, 2003)
  4. Hinterding, Erik; Dickey, Stephanie S.; et al.: Learning and Teaching with Rembrandt: Cross-Disciplinary Approaches to the Master Etcher [Symposium]. (Herbert F. Johnson Museum of Art, Cornell University, 28 October 2017)
  5. White, Christopher: Rembrandt as an Etcher: A Study of the Artist at Work [2 vols.]. (London: A. Zwemmer, 1969; 2nd ed., New Haven, CT: Yale University Press, 1999)
  6. Hinterding, Erik: Rembrandt as an Etcher: The Practice of Production and Distribution. (Ouderkerk aan den IJssel, Netherlands: Sound and Vision Publishers, 2006)
  7. Frederick, Amy Reed: Rembrandt's Etched Sketches and Seventeenth-Century Print Culture. (PhD thesis, Case Western Reserve University, May 2014)
  8. De Viejo, Isadora Rose; Cohen, Janie: Etched on the Memory: The Presence of Rembrandt in the Prints of Goya and Picasso. (Blaricum: V KPub./Inmerc, 2000)
  9. De Viejo, Isadora Rose; Di Martino, Enzo: Rembrandt, ispirazioni per Goya [Rembrandt, an inspiration for Goya]. (Milano: Gabriele Mazzotta, 2001)
  10. Weisberg, Gabriel P.: The Etching Renaissance in France, 1850–1880 [exh. cat.]. (Salt Lake City: Utah Museum of Fine Arts, 1971)
  11. Samis, Peter Seth: The Appropriation of Rembrandt by the Nineteenth-Century French Etchers. (Master's thesis, University of California, Berkeley, 1988)
  12. Garton, Robin; Grimm, Gerard Volker; van der Grinten, Gerhard: Rembrandt und die englischen Malerradierer des 19. Jahrhunderts [Rembrandt and the English Painter-Etchers of the 19th Century]. (Bedburg-Hau: Stiftung Museum Schloss Moyland, 2005)
  13. Helsinger, Elizabeth; et al. (eds.): The "Writing" of Modern Life: The Etching Revival in France, Britain, and the U.S., 1850–1940. (Chicago: Smart Museum of Art, University of Chicago, 2008, ISBN 978-0-935573-45-9)
  14. "The Artist's Studio : What Is Etching?" (PDF). Cairnsregionalgallery.com.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 September 2015. Besoek op 12 Augustus 2015.
  15. "Abraham Bosse" (in Frans). Expositions.bnf.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2018. Besoek op 11 Augustus 2015.
  16. "Abraham Bosse" (in Frans). Expositions.bnf.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2019. Besoek op 11 Augustus 2015.
  17. "Abraham Bosse" (in Frans). Expositions.bnf.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 11 Augustus 2015.
  18. "Abraham Bosse" (in Frans). Expositions.bnf.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2019. Besoek op 11 Augustus 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search