Fauvisme

Le Rocher (La Naïade, Cavalière) deur Henri Manguin.

Fauvisme is die styl van les Fauves (Frans vir "die wilde gediertes"), 'n los groep moderne kunstenaars in wie se werke skilderkunstige kwaliteite en sterk kleur bo die realistiese waardes van Impressionisme beklemtoon is. Fauvisme as styl het rondom 1900 begin en tot ná 1910 voortgeduur het, maar die beweging self het slegs oor 'n paar jaar, van 1904–1908, gestrek, en daar is slegs drie uitstallings gehou.[1][2] Die leiers van die beweging was Henri Matisse en André Derain.[1]

  1. 1,0 1,1 John Elderfield, The "Wild Beasts" Fauvism and Its Affinities, 1976, Museum of Modern Art, p.13, ISBN 0-87070-638-1
  2. Freeman, Judi, et al., The Fauve Landscape, 1990, Abbeville Press, p. 13, ISBN 1-55859-025-0.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search