Februarie-rewolusie

Februarie-rewolusie
Deel van die Russiese Rewolusie (1917)

Betogers in Petrograd in 1917.
Datum 812 Maart 1917
Ligging Sint Petersburg, Rusland
Resultaat
  • Abdikasie van Nikolaas II
  • Stigting van die Russiese Republiek
  • Begin van die dubbel-heerskappy van die Oorgangsregering en die Petrograd-sowjet
Strydende partye
Vlag van Rusland Regeringsmagte

Gendarmes
Ministerie van Binnelandse Sake se Polisiedepartment
Stadleër-garnisoen

Burgerlikes (vroulike werkers)

Rooi Garde (Wasiljefski-eiland)
Stadleër-garnisoen (later dae)

Aanvoerders
Vlag van Rusland General Sergei Khabalof Alexander Shlyapnikof, en ander

Die Februarie-rewolusie (Russies: Февральская революция / Fevral'skaja revoljuzija) in 1917 in Rusland was die eerste fase van die Russiese Rewolusie van 1917. Die onmiddellike gevolge was die abdikasie van tsaar Nikolaas II, die val van Keiserlike Rusland en die einde van die Romanof-dinastie. ’n Voorlopige regering onder prins Georgi Lwof het die tsaar vervang. Lwof is later weer deur Aleksander Kerenski vervang. Die Tussentydse Regering was ’n alliansie tussen liberale en sosialiste wat politieke hervormings wou teweegbring en ’n demokraties verkose regering wou daarstel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search