Die fietsryrewolusie kan beskou word as 'n reaksie teen die oorheersing van die motor as 'n vervoermiddel, en in 2024 kan dit as 'n wêreldwye verskynsel beskou word.[1] Dit gaan egter eintlik nie net oor fietsryers of 'n afkeur in motors nie; dit is 'n kritiese herevaluering van die hele vervoerstelsel, motors ingesluit.[2] Dieselfde persoon kan soms met sy motor wil ry en soms met sy fiets. Dit maak dit onmoontlik om dit as 'n konflik tussen twee groepe mense (motor- teen fietsryers) weer te gee. 'n Belangrike doelwit is die optimalisering van die infrastruktuur, wat mense in staat sal stel om self te kies hoe hulle veilig van punt A na punt B wil beweeg. Maar dit behels ook baie oorwegings van ekonomiese, ekologiese en sosiale aard.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search