Fiksie

Oorspronklike illustrasie deur Alphons de Neuvill en/of Léon Benett van die Franse uitgawe van Jules Verne se roman "Om die wêreld in 80 dae".

Fiksie is die vorm van ’n werk wat, gedeeltelik of algeheel, handel oor inligting of gebeure wat nie werklik is nie, en eerder denkbeeldig en teoreties is – dus, wat deur die skrywer versin is. Hoewel fiksie ’n vername vertakking van literêre werke omskryf, kan dit ook na teatrale, kinematiese of musikale werke verwys. Fiksie staan teenoor nie-fiksie, wat te doen het met eksklusiewe feitlike (of ten minste veronderstelde feitlike) gebeure, beskrywings, waarnemings ens. (bv. biografieë, geskiedenisse).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search