Filologie

Filologie (afgelei van die Griekse term „φιλολογία“ / philología "liefde vir die woord") is 'n sambreelterm vir die taalkunde en literatuurwetenskap van 'n spesifieke taal of taalgroep, volgens sy wyer betekenis ook vir die kultuur van 'n volk insoverre dit sy taal en literatuur raak.

In sy nouer betekenis verwys die term na die versameling en metodiese bewerking van die literêre oorlewering wat die basis vir filologie in sy wyer betekenis vorm aangesien dit die bewerkte materiaal op 'n wetenskaplike manier toeganklik maak vir verdere navorsing.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search