Fins

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Finne.
Fins
suomen kieli 
Uitspraak: [ˈsuomi]
Gepraat in: Vlag van Finland Finland
Vlag van Estland Estland
Vlag van Ingermanland Ingermanland
Vlag van Republiek van Karelië Karelië
Vlag van Noorweë Noorweë
Vlag van Swede Swede
Vlag van Tornedal Tornedal 
Gebied: Noord-Europa
Totale sprekers: ca. 5,4 miljoen (moedertaal)
272 000 (tweede taal)[1]
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies
     Oosseefins[2]
      Fins 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Finse variant
Amptelike status
Amptelike taal in: Nordiese Raad
Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Finland Finland
erken as minderheidstaal in:
Vlag van Swede Swede[3]
Vlag van Republiek van Karelië Karelië[4]
Gereguleer deur: Taalbeplanningsdepartement van die Navorsingsinstituut vir die Tale van Finland
Taalkodes
ISO 639-1: fi
ISO 639-2: fin
ISO 639-3: fin 
Verspreiding van Fins

Blou: Amptelike taal
Donker groen: Deur minderheid gepraat

Fins (suomi [ˈsuomi] of suomen kieli [ˈsuomen ˈkieli]) behoort tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Fins is nou verwant aan Estnies en verlangs aan Hongaars. Dit is naas Sweeds een van die twee amptelike tale van Finland met sowat 4,7 miljoen moedertaalsprekers (92 persent van die totale bevolking) en ook een van die ampstale van die Europese Unie. Fins is ook 'n amptelike minderheidstaal in Swede, waar dit deur sowat 300 000 inwoners gepraat word. Daar is ook klein Finstalige groepe in die Noord-Noorse streek Finnmark, in die Russiese Republiek van Karelië en in Estland.

Fins verskil as 'n Fins-Oegriese taal, net soos Hongaars, in baie opsigte sterk van die Indo-Europese tale, wat oorwegend in Europa gepraat word. Oor die eeue heen het die kontak met Indo-Europese tale egter 'n groot invloed op byvoorbeeld die sinsbou en woordeskat van die Finse taal uitgeoefen. 'n Groot aantal Germaanse leenwoorde verskyn reeds baie vroeg in die taal, en taalhistorici gebruik hierdie Finse woorde soos rengas ("ring") onder meer vir hulle ondersoeke oor die destydse Germaanse klanke. Kenmerke van Fins is die groot getal naamvalle (15), agglutinasie, 'n ingewikkelde morfofonologie wat onder meer vokaalharmonie en konsonantgradasie insluit, die afwesigheid van 'n grammatikale geslag (of genus) en die klein getal konsonante.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Finnish" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 1 April 2016.
  2. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, p831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045
  3. Fins is een van die amptelike minderheidstale van Swede
  4. О государственной поддержке карельского, вепсского и финского языков в Республике Карелия

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search