Fokusafstand

Ligstrale word deur ’n lens gebuig.

Die fokusafstand (Engels: focal length) van ’n optiese stelsel is die afstand tussen die lens en die punt waar eweredige inkomende ligstrale byeenkom nadat dit deur die lens gebuig is. Dié punt word die brandpunt of fokus van die lens genoem en word met die letter F aangedui in die figuur hiernaas. Die fokusafstand word met f aangedui. ’n Stelsel met ’n korter fokusafstand het groter optiese krag as een met ’n lang fokusafstand; dit buig die ligstrale meer en laat hulle op ’n korter afstand fokus.

Meestal in fotografie en altyd in teleskopie, waar die voorwerp ver weg is, lei ’n langer fokusafstand (laer optiese krag) tot ’n groter vergroting en ’n kleiner gesigshoek; daarenteen word ’n korter fokusafstand of groter optiese krag verbind met ’n groter gesigshoek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search