Folklore

Die Nederlandse spreekwoorde.

Folklore is die kultuur wat deur ’n spesifieke groep mense gedeel word. Dit sluit die groep se gemeenskaplike tradisies in soos vertellings, spreekwoorde en grappies, asook materiële dinge soos boustyle en handgemaakte speelgoed, rituele en vierings soos Kersfees en troues, volksdanse en inisiëringsrites. Net so belangrik soos die vorm van die folklore, is die oordrag daarvan van een streek tot ’n volgende of van een geslag tot die volgende. Folklore word nie in ’n skool of leerplan geleer nie, maar word informeel van die een individu tot die volgende oorgedra, óf mondelings óf deur demonstrasies.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search