Geestesgesondheid

Geestesgesondheid (of gedragsgesondheid) is ’n vlak van psigologiese welsyn, of ’n afwesigheid van geestesteurings;[1] dit is die "sielkundige toestand van iemand wat op ’n bevredigende vlak van emosionele en gedragsaanpassing funksioneer".[2]

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sluit geestesgesondheid onder meer in subjektiewe welsyn, outonomie, bekwaamheid en die bereiking van ’n persoon se intellektuele en emosionele potensiaal.[3] Dit sluit ook in die hantering van die normale stres van die lewe, produktiewe werk en ’n bydrae tot die gemeenskap.[4] Kulturele verskille, subjektiewe evaluerings en mededingende professionele teorieë kan egter beïnvloed hoe geestesgesondeheid gedefinieer word.[3] Die term "gedragsgesondheid" word verkies bo "geestesgesondheid".

Iemand wat probleme met sy gedragsgesondheid ondervind, kan stres, depressie, angs, verhoudingsprobleme, hartseer, verslawing, AGHS of leerprobleme, gemoedsteurings of ander psigologiese probleme ondervind.[5][6] Terapeute, sielkundiges en dokters kan gedragsgesondheid help bevorder met behandelings soos terapie, berading of medikasie. ’n Nuwe terrein, wêreldwye geestesgesondheid, is die bestudering, navorsing en toepassing van metodes om geestesgesondheid vir alle mense wêreldwyd te bevorder.[7]

  1. About.com (25 Julie 2006). What is Mental Health?. Besoek op 1 Junie 2007, by About.com
  2. Princeton University. Besoek op 4 Mei 2014, van [ordnetweb.princeton.edu/perl/webwn?s=mental+health&sub=Search+WordNet&o2=&o0=1&o8=1&o1=1&o7=&o5=&o9=&o6=&o3=&o4=&h= Princeton.edu]
  3. 3,0 3,1 "The world health report 2001 – Mental Health: New Understanding, New Hope" (PDF). WHO. Besoek op 4 Mei 2014.
  4. "Mental health: strengthening our response" (in Engels). WHO. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2018. Besoek op 4 Mei 2014.
  5. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2015. Besoek op 19 Junie 2014.
  6. Kitchener, BA & Jorm, AF, 2002, Mental Health First Aid Manual. Centre for Mental Health Research, Canberra.. p 5
  7. Patel, V., Prince, M. (2020). Global mental health – a new global health field comes of age. JAMA, 303, 1976–1977.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search