Gent

Gent

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van België België
 Gewes (deelstaat) Vlaandere
 Provinsie Oos-Vlaandere
 Koördinate 51°03′N 03°43′O / 51.050°N 3.717°O / 51.050; 3.717
 Oppervlak:  
 - Totaal 156,18 km2
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2019) 262 219
 - Bevolkingsdigtheid 1 585/km2
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Mathias De Clercq (Open VLD)
 Amptelike Webwerf www.gent.be
Hierdie artikel handel oor ’n stad in België. Vir die stad in Nederland, sien gerus Gendt.

Gent (Afrikaans, Nederlands en Duits: Gent, Frans en Italiaans: Gand, Engels: Ghent) is die ou hoofstad van die graafskap Vlaandere (België) en geboorteplek van keiser Karel V wat ook hier grootgeword het. Vandag is Gent met sy sowat 262 219 inwoners (2019) die hoofstad van die provinsie Oos-Vlaandere en op twee na die grootste hawe van België. Gent het twee spoorwegstasies (Gent-Sint-Pieters en Gent-Dampoort) wat verbindings na Kortrijk, Brussel, Dendermonde, Mechelen, Lokeren en Antwerpen bied.

Die Universiteit van Gent het sowat 44 000 studente en 9 000 personeellede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search